
Hannes het sy eerste Marklin stel omtrent 50 jaar gelede gekry en deur die jare het dit gegroei tot wat daar nou is. Hy poog daarin om 'n Suid-Afrikaanse landskap met die klem op die Laeveld (Mpumalanga) voor te stel. Vera, Hannes se vrou, het meeste van die rotse van regte klippe gemaak met "Latex Moulds", en ook meeste van die bome van "Pride of India" en druiwe takke.
Die aanleg bestaan uit n dubbel hooflyn met nog 'n bykomende hooflyn op n laer vlak. Dit bring mee dat treine wat vanaf n stasie op die binneste hooflyn vertrek sowat 30 minute kan loop op die 220m lange trajek sonder om te stop. Indien ses treine met die blok sinjale werk, neem een siklus omtrent 40 minute met kleiner lokomotiewe. Hannes gebruik slegs Marklin se "K-Gleis" op die aanleg en daar is omtrent 320 meter se spore met sowat 50 wissels. Die hooflyn het 'n radius van 1.5 meter terwyl die maksimum gradient 1 in 100 en in die draaie na binne gekantel is. Die digitale aanleg het 'n "busbar" sisteem wat reg in die rondte loop met voerders elke twee tot drie meter.

Game Reserve
DB BR55 Marklin #37550 Epoche 3 Lok with Guterwagen
zipping through the game reserve

Kudu (Tragelaphus Strepsiceros) on a koppie
The Kudu is one of the leafeater buck species found in Southern Africa

SBB Re 4/4
Marklin #39420 Swiss lok with passenger coaches in the Lowveld!

5m x 16m Layout Room
Magnificant view of his layout - notice the neat vitrines on the wall.
The double main line is 220m (actual length!) long
and locos can travel 30 minutes without interuption.

Murnau Baureihe B 6 K.Bay.Sts.B
The "peat lok" Marklin #3797 waiting in the station for the passengers to disembark
Hannes Paling
Page created March 2007